Local newsNews

Motorfietsryers deel kanker-boodskap in Parys

Cancervive is 'n Suid-Afrikaanse nie-winsgewende orgamisasie wat daartoe verbind is om uit te reik na gemeenskappe met opvoeding en bewusmaking oor kanker veral waar inligting nie altyd geredelik beskikbaar is nie. 

Motorfietsryers van Gauteng is die afgelope naweek op Vryheidsdag 27 April in Parys verwelkom vir hul Cancervive-rit waarmee die fokus geplaas is om die boodskap te versprei dat vroeë opsporing van kanker lewens kan red.

Daar is by die Eiffel Waffle House gestop waar ‘n heerlike ontbytbederf op die groep gewag het.

Cancervive het oor die afgelope 14 jaar 612 319 Suid-Afrikaners bereik met bewusmaking oor kanker.  Hul betrokkenheid by gemeenskappe het hulle oor meer as 30 000 kilometers in al nege die land se provinsies geneem.

Cancervive is ‘n Suid-Afrikaanse nie-winsgewende orgamisasie wat daartoe verbind is om uit te reik na gemeenskappe met opvoeding en bewusmaking oor kanker veral waar inligting nie altyd geredelik beskikbaar is nie.

Die organisasie het ‘n oorwin-gedrewe uitkyk waarmee gepoog word om mites en stigmas rondom kanker aan te spreek deur die inligting wat versprei word. Dit sluit ook in inligting rondom ondersteuning vir kankerlyers.

Die groep ondersteuners van wie sommige self ook kankeroorwinnaars is, is verenig in hul passie vir kankerbewusmaking maar ook hul liefde vir motorfietse. Waar hul kom trek die motorfietse aandag, en begin die groot werk dan om met mense te gesels oor die belangrikheid van vroeë opsporing van kanker. Hul persoonlike ervarings wat hulle deel, dra ‘n  kragtige boodskap oor.

Foto’s met erkenning aan Michele Cilliers.

Foto erkenning: Michele Cilliers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button