Local newsNews

Versteekte kos, dagga, en komponente van SA weermag uniform – polisie slaan toe

Die polisie het die afgelope week verskeie arrestasies gemaak in die Vrystaat wat verband hou met onwettige mynaktiwiteite.

Verskeie arrestasies is die afgelope week deur die polisie gemaak met die multidissiplinêre Vala Umgodi-operasie, wat gefokus het op die bekamping van onwettige mynaktiwiteite en gepaardgaande misdade in die Vrystaat.

Die operasie wat saam met mynsekuriteit  op 17 en 18 Junie gehou is,  het veral gefokus op die besit van onwettige smokkelware, betreding en immigrasie-oortredings in Vierfontein.

Op 19 Junie het ’n gesamentlike operasie met mynsekuriteit by ’n plaaslike myn in Vierfontein gelei tot die arrestasie van vier persone. Twee vroue is gearresteer vir betreding, en ‘n man is in hegtenis geneem weens oortreding van die Immigrasiewet. In ’n noemenswaardige deurbraak is nóg ’n man gearresteer nadat ’n onwettige vuurwapen, vermoedelik goudhoudende materiaal, dagga, en komponente van ’n Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW)-uniform in sy kluis gevind is.

In ’n aparte voorval op 18 Junie het die “Vala Umgodi”-reaksiespan, in samewerking met mynsekuriteit, tydens spesiale patrollies ’n gat op die mynterrein ontdek. In die gat was verseëlde kos wat bestem was vir mense ondergronds, saam met plofbare detoneerders.

’n Rus- of slaapplek  wat deur onwettige mynwerkers gebruik is, is ook deur die span in Theunissen ontdek.  Twee mans wat op die toneel in Theunissen gevind is, is gearresteer, en kos en items wat met onwettige mynbou geassosieer word, is gekonfiskeer.

Op 17 Junie is drie mans, onderskeidelik 45 en 32 jaar oud, deur die  span gearresteer nadat hulle op die mynterrein in Theunissen met goudhoudende materiaal gevind is.

Verdere ondersoeke is aan die gang, en nog arrestasies word nie uitgesluit nie, het die polisie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button