Local newsNews

Waarskuwing: Slenters raak al slimmer

Die goue reël is altyd - as iets te goed klink om waar te wees - dan is dit waarskynlik nie die waarheid nie.

Wees versigtig vir slenters waarmee skelms hulself valslik voordoen as verteenwoordigers van betroubare instansies. Dit sluit welsynsorganisasies, banke, selfoonmaatskappye, die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en selfs staatsinstansies in.

René Roux, hoof van kommunikasie en woordvoerder van Helpende Hand, sê met  gevorderde tegnologie, insluitend kunsmatige intelligensie (KI), het swendelaars se metodes merkwaardig verfyn geraak. Wat vroeër ‘n  swak getikte e-pos was, is vandag ‘n geloofwaardige oproep, dokumente wat amptelik lyk, of ‘n slim gegenereerde boodskap wat selfs ervare mense om die bos kan lei.

Roux sê hulle wil mense aanmoedig om gesonde agterdog te hê, veral wanneer iemand jou onverwags
kontak en namens ‘n bekende instansie vra vir geld, persoonlike inligting,  of om vinnig op te tree om
‘n prys te wen. Of dit nou ‘n sogenaamde hulporganisasie is wat jou graag wil bystaan of iemand wat beweer hulle is van jou bank of die SAID en daar is ‘n prys of boete betrokke, gaan stel liewer eers self ondersoek in.

Wenke om jouself teen slenters te beskerm
*  Moet nooit persoonlike of finansiële inligting oor die foon of per e-pos deel nie, tensy jy die instansie self geskakel het by ‘n amptelike nommer of webwerf.
* Moenie op skakels in e-posse of WhatsApps van onbekende afsenders klik nie – selfs al
lyk dit geloofwaardig.
* Gebruik slegs amptelike kommunikasiekanale. Besoek die webwerf van die betrokke
organisasie of bel hul erkende kontaknommer; vreemde selfoonnommers word meestal
vir slenters gebruik.
* Wees veral versigtig vir emosionele manipulasie. Slenters speel dikwels in op vrees, skuldgevoelens of dringendheid as jy ‘n  prys wil wen. Moet ook nooit betaal om ‘n prys te wen nie.

“Vertrou jou instink – as iets skielik, emosioneel gelaai of onwaarskynlik klink, gaan sit, neem ‘n
oomblik en ondersoek dit deeglik. Die beste verdediging teen slenters is kennis en waaksaamheid,”
sê Roux.

Sy sê as ‘nmens ooit twyfel oor enige kontak wat jy ontvang, maak nie saak wie hulle sê hulle is nie,
skakel die instansie self en vra. Dit is altyd veiliger om seker te maak as om spyt te wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button