Polisie slaan toe op nog ‘n dwelmlaboratorium in Noordwes
Die waarde van die dwelms wat gekonfiskeer is, is nog nie bekendgemaak nie.
Die polisie het vroeër vandag toegeslaan op ‘n dwelmlaboratorium met verwerkte dwelms, asook toerusting en ‘n mengsel wat na bewering vir die vervaardiging van dwelms gebruik word op ‘n plot by Scheerpoort naby die Hartbeespoortdam.

Vier verdagtes onder wie ‘n 39-jarige man van Zimbabwe, en drie vroue tussen die ouderdomme van 23 en 29 jaar is in hegtenis gneem. Hulle word aangekla vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie, asook die handel in en vervaardiging van dwelms ingevolge die Wet op Dwelms en Dwelmhandel, 1992 (Wet 140 van 1992).

Tydens die intelligensiegedrewe polisie optrede is benewens die dwelms ook beslag gelê op vier vuurwapens.
Die verdagtes sal binnekort voor die landdroshof in Brits verskyn.



