Local newsNews

Stof het nog nie gaan lê oor Wonderfontein-ontwikkeling

Die burgerregte organisasie AfriForum het vandeesweek hofstukke op die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings en die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit beteken in ’n poging om die Wonderfontein-ontwikkeling tussen Sasolburg en Vanderbijlpark in sy spore te stuit. Dit volg nadat die minister volgens AfriForum sonder verduideliking of genoegsame motivering, goedkeuring …

Die burgerregte organisasie AfriForum het vandeesweek hofstukke op die minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings en die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit beteken in ’n poging om die Wonderfontein-ontwikkeling tussen Sasolburg en Vanderbijlpark in sy spore te stuit.

Dit volg nadat die minister volgens AfriForum sonder verduideliking of genoegsame motivering, goedkeuring aan die departement gegee het om met die ontwikkeling voort te gaan. Dit ondanks  oorspronklike voorwaardes wat nie nagekom is nie, het AfriForum benadruk.

Die organisasie sê die munisipaliteit en betrokke departement het vroeër vanjaar aansoek om kwytskelding by die minister gedoen nadat hulle vir vyf jaar lversuim het om aan die vereistes, soos uiteengesit deur die Metsimaholo-beplanningstribunaal, te voldoen. Die kwytskelding maak voorsiening vir ’n verdere vyf jaar om aan die vereistes te voldoen.

Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir die Sentraalstreek, is die minister se besluit om die kwytskelding toe te staan ondeurdag en strydig met die gemeenskap se belange. “Die besluit is geneem sonder om die nagevolge daarvan behoorlik in ag te neem.

Die munisipaliteit en die betrokke departement is al vir jare besig met die ontwikkeling, maar kon sedert die aanvang van die projek in 2019 nie aan enige van die gestelde vereistes voldoen nie. “Dit is in openbare belang dat die minister en die munisipaliteit sê wat verander het om ’n verdere verlenging te regverdig,” sê Grobbelaar. 

AfriForum voer aan dat tot op hede daar nie amptelike planne vir die bou van ’n nuwe rioolaanleg aan AfriForum verskaf nie. So ook nie planne rondom watervoorsiening, behoorlike vullisbestuur of stormwater- en padinfrastruktuur nie.

Grobbelaar sê AfriForum het reeds verskeie skrywes aan en vergaderings met die munisipaliteit gehad waarin daar versoek is dat hierdie planne verskaf word. “Die beoogde plan van aksie om dié ontwikkeling te takel, verander met elke vergadering en tot op hede het dié planne nog nie die lig gesien nie,” sê hy.

Die Wonderfontein-ontwikkeling wat in uitbreidings 74, 75, 76, 77, 78 en 79 onderneem word, is deel van die Sasolburg-dorpsbeplanningskema soos op 17 Oktober 2019 deur die Metsimaholo-beplanningstribunaal goedgekeur is. Die gemeenskappe wat die meeste hierdeur geraak gaan word, sluit die inwoners van Sasolburg, Vaalpark, SW5 (Vanderbijlpark) en dele langs die Vaalrivier in.

Die beoogde Wonderfontein-ontwikkeling.

Die saak is voorlopig vir 7 Augustus op die ongeopponeerde hofrol in die Hooggeregshof in Bloemfontein geplaas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button