Local newsNews
Vragmotorbotsing: Verkeer herlei
Die botsing het in die vroeë oggendure gebeur maar is nooddienswerkers steeds op die toneel.
Wees bedag daarop dat verkeer herlei word by die kruising van Van Coller- en Breëstraat in Parys na ‘n noodlottige botsing by die verkeerslig in die vroeë oggendure.
Voerbale wat deur een van die vragmotors vervoer is, versper tans die pad tussen St Jan- en Van Collerstraat.
Twee persone is in die botsing oorlede.
Volg asseblief alternatiewe roetes waar moontlik totdat opruiming van die toneel gedoen is.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



