Local newsNews
Sterrekyk uitgestel met koue wat kom
In die Vredefort Koepel wêrelderfenisgebied sal jy die sterrehemel op sy mooiste sien.
Die beplande sterrekykuitstappie vir 26 Julie by die Deelfontein Sterrewag in die Vredefort Koepel, is uitgestel weens ‘n koue front en moontlike reën wat voorspel word.
Die sterrekykuitstappies is vir jare ‘n hoogtepunt op die koepelkalender, en is daar met nuwemaan gewoonlik elke wintermaand sterrekyk-geleentheid in die Koepel met sy besonderse naghemel weens die min ligbesoedeling.
‘n Nuwe datum vir die sterrekyk sal deurgegee word sodra dit bevestig is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



