Twee gebruik luggeweer in huisroof
Die verdagte sal binnekort in die Vredefort-landdroshof verskyn.
Die vinnige optrede van die Fezile Dabi Trio-taakspan, Vredefort-speurders en die Gemeenskapsdienssentrum (GDS) het daartoe gelei dat ’n 27-jarige man Vrydag in Vredefort in hegtenis geneem is vir huisroof en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.
Dit volg nadat twee mans, waarvan een aan die slagoffer bekend is, Donderdag in die vroeë oggendure aan ‘n huis se venster geklop het. Toe die slagoffer die deur oopmaak, het die tweede verdagte, wat onbekend is aan die slagoffer, ’n vuurwapen, wat later geblyk het ‘n luggeweer was, uitgehaal, en met ‘n klankstelsel van die toneel gevlug.
Die vinnige optrede van die polisie het daartoe gelei dat een van die twee mans gearresteer kon word, en is die gesteelde eiendom sowel as die luggeweer wat vermoedelik tydens die roof gebruik is, gekonfiskeer.



