Local newsNews

Minder as ‘n halfuur oor om te stem

Onthou om jou ID dokument saam te neem wanneer jy gaan stem. Jy het nog minute tyd om te gaan stem.

Suid-Afrikaners het nou minder as ‘n uur oor om te stem in die landwye munisipale verkiesing. Stemlokale sluit vanaand om 21:00 waarna begin word met die tel van stemme.

In die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit het die stemproses deurgaans vlot verloop. Hoewel stemlokale vroegoggend besig was en mense toe nog tou gestaan het, het dit vanaf 12:00 vanmiddag heelwat stiller geword hoewel mense steeds deurentyd kom stem het.

Daar is vandag fluks gestem by die Rotary-saal. Foto: Liezl Scheepers
Daar is vandag fluks gestem by die Rotary-saal. Foto: Liezl Scheepers

Kiesers het by al die stemlokale wat besoek is gesê dat hulle vinnig en vriendelik gehelp is, en dat OKV-beamptes behulpsaam was.

Van die kiesers by die Master Nakedi-sentrum in Tumahole. Foto: Liezl Scheepers
Van die kiesers by die Master Nakedi-sentrum in Tumahole. Foto: Liezl Scheepers

Oral was mense gemoedelik, en optimisties om te stem. Dit was ook duidelik dat munisipale dienslewering meer as ooit tevore ‘n groot knelpunt vir kiesers is en was standhoudende water- en kragvoorsieing, die instandhouding van infrastruktuur, en die toestand van veral paaie van die dinge wat mense wil hê dringende aandag moet kry. Werkskepping, ‘n einde aan korrupsie en deursigtige munisipale bestuur is ook uitgesonder deur kiesers as van die dinge wat reggeruk moet word.

'n Lang ry kiesers het vroegoggend by die NG Wes-gemeente gestaan. Foto: Liezl Scheepers
‘n Lang ry kiesers het vroegoggend by die NG Wes-gemeente gestaan. Foto: Liezl Scheepers
Soos met elke stemdag het kiesers by die NG Wes-gemeente kon uitsien na heerlike pannekoek. Foto's: Liezl Scheepers
Soos met elke stemdag het kiesers by die NG Wes-gemeente kon uitsien na heerlike pannekoek. Foto’s: Liezl Scheepers

Onder die kiesers wat vandag by stemlokale gesien is, was ook heelwat jongmense.

OVK-beamptes het ook by al die stemlokale wat besoek is gesê dat daar deur die loop van die dag voortdurend mense was om te stem, maar nêrens het mense nodig gehad om in ellelange rye te staan nie.

Wetstoepassers op hul pos by die Parys Openbare biblioteek. Foto: Liezl Scheepers
Wetstoepassers op hul pos by die Parys Openbare biblioteek. Foto: Liezl Scheepers
Hermien Dreyer is vroegoggend te fiets na die Parys Openbare biblioteek en het vertel dat die stemproses vinnig en vlot verloop het. Foto: Liezl Scheepers.
Kiesers by die Rotary-saa in’n gemoedelike luim. Foto: Liezl Scheepers
Die 91-jarige Alinah Mokgemisa het Maandag al haar kruisie by die Schonkenville gemeenskapsaal getrek tydens die spesiale stemme. Foto: Liezl Scheepers
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button