Local newsNews

Vrou veg om haar lewe ná hamer-aanval

Haar aanvaller is steeds op vrye voet.

Die man wat n 60-jarige vrou van Bothaville Saterdag in haar huis herhaaldelik met ‘n hamer oor die kop geslaan en verkrag het, is steeds soek.

Die aanval het helder oordag gebeur.

Polisiewoordvoerder Palesa Thabana sê die vrou was die oggend nog by ‘n kerk en ouetehuis naby haar woning. Toe sy later tuiskom het sy deur die huis gestap en toe die agterdeur oopgemaak. Hier het haar aanvaller haar oorval en drie keer met die hamer oor die kop geslaan.

Haar aanvaller het met haar selfoon weggehardloop.

Die ernstig beseerde vrou kon daarin slaag om na haar man se werk te ry waar sy inmekaar gesak het. Sy is aanvanklik na die Nala-hospitaal in Bothaville geneem en toe per ambulans na die Mediclinic-hospitaal in Welkom vervoer waar ‘n noodoperasie op haar gedoen is.

Die polisie het beslag gelê op die hamer wat vermoedelik in die aanval gebruik is.

Die Welkomse eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe ondersoek die saak, en is die publiek gevra om enige inligting wat die polisie kan help in hul ondersoek, deur te gee aan die ondersoekbeampte, adjudant-offisier  Anja Tait by 083 279 3213 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111. Anonieme wenke kan ook deurgesteur word op die MySaps selfoontoepassing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button