Local newsNews
Duisende stemme getel vir diens by uitnemendheid
Ons opregte dank aan elke leser wat aan die nominasie- en stemproses deelgeneem het om op hierdie manier erkenning te gee aan plaaslike sakeondernemings wat uitstaan wanneer dit kom by diens en kliëntetevredenheid.

Duisende stemme is vanjaar getel vir die Best of Parys Readers’ Choice toekennings, en het lesers met selfs groter entoesiasme as in 2024 gestem vir besighede in Parys wat uitstaan as dit kom by diens by uitnemendheid.
Die kompetisie is vanjaar vir die tweede keer deur MooiVaal Media aangebied en word die wenners uitsluitlilk deur lesersstemme bepaal.

Die wenners in die onderskeie kategorieë sal tydens ‘n spoggeleentheid by Stonehenge op 21 Augustus aangekondig word. Die wenners se foto’s sal in die Gazette-uitgawe van 28 Augustus gepubliseer word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



