Local newsNews

Parys die hartsdorp van skrywer Analize Viljoen

Analize Viljoen sal haar talent met Parys Gazette se lesers deel in gesprekke met skrywers, en die bekendstelling van nuwe Afrikaanse boeke wat voortaan gereeld in Gazette sal verskyn.

Vir skrywer Analize Viljoen is Parys uiteindelik weer huis nadat haar lewensreis haar van die Kaap na lande soos Singapoer, Maleisië en Dubai, en selfs tot in die hart van Afrika geneem het.

Parys was haar geboortedorp, vertel sy. Na matriek studeer sy kommunikasiekunde aan die Pukke, Au Pair in Nederland, en bly uiteindelik nege jaar in die buiteland, voordat sy nes skop in Gordonsbaai.    Maar na 13 jaar in die Kaap het die grootword herinneringe van die Vrystaat weer kom nesskop in haar hart.

Deesdae gee sy aanlyn Engelse klasse vir hoofsaaklik buitelandse studente, maar tussendeur is haar skrywerspen nie stil nie en kan lesers uitsien na ‘n Afikaanse spanningsroman.

Analize het in 2019 haar debuut gemaak met Oor en weer wat sy saam met Trisa Hugo, ook een van haar hartsvriendinne, geskryf het. Die boek is benoem vir ‘n Woordveertjie-toekenning en was op die kortlys van drie.

Daarna het Kleur en Karamel in 2022 gevolg, en Oop Deure wat sy weer saam met Trisa Hugo aangepak het.

Analize se passie vir boeke en die filmbedryf is aansteeklik. Daar sal altyd ‘n toekoms wees vir boeke, glo sy, en ja – daar is ‘n herleweing onder jong lesers, gesels sy. Veral romanse, spanning en misdaad sal altyd gewilde genres wees, sê Analize.

Haar en Trisa se groot bydrae tot Afrikaanse boeke het, naas hul skryfkuns gekom in Covid-tyd toe boekgesprekke nie gehoor is nie. Analize het te hore gekom van Sophia Kapp se Kanaän, en Deborah Steinmair se As jy van moord droom, wat in die grendeltyd verskyn het, en net daar is die saadjie vir dié vriendinne geplant om ‘n aanlyn platform te skep waar skrywersgesprekke en resensies geplaas kon word, sowel as Afrikaanse e-boeke.

Eintlik, vertel Anallize, het Trisa jare gelede met die Boekemakranka-blog begin wat op daardie stadium nie baie aktief was nie, maar toe dié twee koppe bymekaar sit, het die blad ‘n nuwe baadjie en nuwe lewe gekry.

Deesdae is Boekemakranka  ‘n lewendige gespreksblad op Facebook waar boekwurms kan lees oor nuwe boekvrystellings, wie die skrywers is, en baie meer. Die blad was ook die eerste wat aanlynboekgesprekke in Suid-Afrika begin het.

Analize Viljoen. Foto: Adele Meyer

Analize is ‘n bedrewe resensent wie se resensies in Rapport, op LitNet en vir die ATKV gepubliseer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button