Local newsNews

Verdagtes steeds soek ná skote op boer

Die polisie ondersoek 'n klag van poging tot moord.

‘n Boer van die Oranjeville/Heilbron-distrik het Vrydagaand ter nouer nood aan die dood ontkom toe sy aanvallers op hom geskiet het.  Polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle, het bevestig dat die polisie ‘n klag van poging tot moord na die voorval ondersoek wat kort voor 20:00 Vrydagaand gebeur het
Earle sê verder die polisie het inligting van ‘n sekuriteitsmaatskappy gekry oor ‘n moontlike plaasaanval, en het polisielede hulle na die toneel gehaas.
Earle sê die boer het geluide buite die huis gehoor, waarop twee verdagtes skote afgevuur het toe hy die buitelig aangeskakel het.
Hy het terug geskiet waarna die verdagtes in ‘n suidoostelike rigting gevlug het.
Niemand is in die voorval beseer nie  Die verdagtes is steeds op vrye voet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button