Local newsNews

Plan gemaak met die gate

Motoriste is gevra om bedag te wees op die padwerke en alternatiewe roetes te volg soos nodig.

Herstelwerk aan slaggate by die kruising van Eerstelaan en Van der Hovenstraat word tans gedoen as deel van die Ngwathe Munisipaliteit se Padherstel- en Onderhoudsprogram wat vroeër vanjaar bekendgestel is.

Volgens Moss Mokhohlane, senior instrukteur vir Safeti, sal die kruising tot minstens Woensdag gesluit wees om voldoende tyd toe te laat vir die materiaal wat gebruik word, om goed droog te word.

Van die spanlede saam met Moss Mokhohlane, senior instrukteur vir Safeti. Foto: Liezl Scheepers
Van die spanlede saam met Moss Mokhohlane, senior instrukteur vir Safeti. Foto: Liezl Scheepers

Daarna sal die span volgens ‘n prioriteitslys ook na ander strate beweeg.

Daar sal ook weer gewerk word aan die kruising by Breë- en Van Collerstraat. Hoewel herstelwerk vroeër hier gedoen is, en ‘n gedeelte van die kruising daarna oopgemaak is om verkeersvloei toe te laat, het swaar voertuie weer skade veroorsaak, en sal dit herstel word het Mokhohlane bevestig.

Die span werk volgens 'n prioriteitslys om herstelwerk aan slaggate in al die Ngwathe dorpe te doen. Foto: Liezl Scheepers
Die span werk volgens ‘n prioriteitslys om herstelwerk aan slaggate in al die Ngwathe dorpe te doen. Foto: Liezl Scheepers

Met die Operation Fix my Road-program word 60 mense oor ‘n 12 maande periode deur die diensverskaffer, Safeti (South African Foundation For Empowerment, Traininig & Innovation), opgelei om hulle met die nodige vaardighede toe te rus om slaggate te herstel. Die herstelwerk sal in al die Ngwathe dorpe gedoen word met materiaal wat plaaslik vervaardig word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button