Local newsNews

Waarom gewone brandblussers nie litiumbatterybrande sal stop nie

Rugsteun-kragvoorsiening in jou huis: Maak seker jy ken die gevare.

Al hoe meer huishouding maak staat op rugsteun kragvoorsieningstelsels.  Juis daarom is dit belangrik om die gevare van Lithiumbrande te ken en wat jy in geval van ‘n brand moet doen.

Wat kan die oorsaak wees dat litiumbatterye brand?
Verkeerde installasies  is dikwels ‘n groot kopseer, en juis daarom is dit belangrik dat ‘n gekwalifiseerde elektrisiën in ooreenstemming met alle toepaslike wetgewing en die vervaardiger se riglyne en spesifikasies die installasie doen. Maak seker jy kry ‘n geldige elektriese sertifikaat van voldoening en ‘n toetsverslag vir die stelsel.

Nog ‘n vuursneller is termiese weghol in hierdie batterye. ‘n Termiese weghol is ‘n kettingreaksie binne ‘n battery wat lei tot vinnige temperatuur- en drukverhoging.

Oorsake hiervan kan wees as gevolg van:
a) Interne kortsluitings weens fisiese skade of vervaardigingsdefekte.
b) Oorlaai en ontlading as die aanbevole laai- of ontlaaitempo oorskry word.
c) Eksterne hittebronne wanneer die batterye blootgestel sou word aan hoë omgewingstemperature of naby hittegenererende toestelle.
d) Ouderdom en slytasie oor tyd. Dit is belangrik dat daar gereeld inspeksies en instandhouding gedoen word sodat risikos betyds
opgetel kan word.
Wees ook versigtig om nie brandbare materiaal binne twee meter van enige omskakelaar of battery te stoor nie.

As eienaar van ‘n eiendom moet jy seker maak huurders is ook bewus van die gevare en vereistes van hierdie stelsels om repudiëring van ‘n eis te voorkom.

Waarom gewone brandblussers nie litiumbatterybrande sal stop nie:
• In geval van ‘n litiumbrand is gewone blussers (CO2, water en poeier) ondoeltreffend omdat dit nie die battery effektief kan afkoel
of die vlamme versmoor nie. Litiumbatterye selfoksideer (wat hul eie suurstof opwek) en brand teen uiters hoë temperature.
• Litiumbrande kan ure lank woed in ‘n gebou waarin die omskakelaar is.
Selfs in aparte geboue kan die hitte wat deur ‘n brandende litiumbattery gegenereer word aansienlike skade aan aangrensende geboue veroorsaak. Hierdie stelsels het ook die potensiaal om weer te ontvlam.
• Groter kapasiteit Litium batterye het groter risiko’s as die kleiner batterye in byvoorbeeld selfone en skootrekenaars. Omskakelaarbatterye wat vir kragopwekking gebruik word het baie meer energie en bied ‘n hoër brandlading.
• Die gasse wat Litium batterye vrystel, is nie net giftig nie, maar is ook brandbaar en kan aan die brand steek en ontplof.
Om naby die vuur te kom sonder die korrekte beskermende drag is gevaarlik en dikwels nie moontlik nie selfs met die nodige
beskerming.
‘n Brand veroorsaak deur ‘n Litiumbattery. Foto-krediet: Fireblock

Goeie raad is om waar moontlik jou stelsel eerder in ‘n aparte gebou soos ‘n motorhuis of buitegebou te installeer agter brandmure.
(Bron: CIA Bulding Insurance Specialists)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button