Atlete genooi na hoërskool se Blitz-byeenkoms
Deelname is gratis en die ideale geleentheid om uit die wegspringblokke te kom vir die atletiekseisoen.

Hoërskool Parys bied op 3 September ‘n Blitz-atletiekbyeenkoms op sy sportveld aan. Deelname is gratis en die ideale geleentheid om in die wegspringblokke te kom vir die atletiekseisoen.
Atlete in die ouderdomsgroepe o9, o11, o13, o15 en o19 kan inskryf. Enige atleet in die genoemde ouderdomsgroepe is welkom, en beloof dit ‘n heerlike gemeenskapsbyeenkoms te wees waar atlete onder die spreiligte sal deelneem terwyl ouers welkom is om die kinders te kom ondersteun en saam te kuier en te braai langs die veld. Daar sal ook ‘n snoepie wees.
Die 2 000m, 60m, 600m, 150m en 300m baanitems word vanaf 17:00 aangebied.
Die hoogspring en diskusgooi-items is ook vanaf 17:00, en die verspring en gewigstoot-items vanaf 18:00. Die byeenkoms sal teen 19:00 eindig.
Vir navrae kan Lizanne du Toit geskakel word by 071 704 2786.




