Local newsNews

Die byna onmoontlike gedoen om gate toe te stop

Die slaggate het die afgelope maande groot skade vir motoriste veroorsaak en is daar groot dankbaarheid vir die herstel van die gate.

Die Paaie-departement het ná volgehoue druk verlede Woensdag onder toesig van James Nkabinde, die departement se hoof superintendent vir die Fezile Dabi-distrik, en met die hulp van die departement se distriksbestuurder vir Ngwathe, Tsidi Benedict Nakedi, toegesien dat die oorblywende slaggate op die R59 tussen die N1 oorbrug en Parys tydelik binne dae herstel kon word.

Die verwagting was dat al die gevaarlike slaggate op dié pad vandeesweek herstel sou wees. Daar kon reeds die afgelope week ‘n groot verskil gesien word.
Twee spanne sou ook op die R59 tussen Parys en Vredefort, en aan die Viljoenskroon-pad gewerk het waar slaggate met ‘n gruismengsel gevul sou word as tydelike oplossing ter wille van motoriste se veiligheid.

Motoriste het die afgelope week ‘n pluimpie gehad vir die Paaie-departement se uitstaande poging om werk te maak van die slaggate op die R59 tussen die N1 en Parys.

Hoewel ‘n kontrakteur en studente van CUT die afgelope maande ook aan die R59 gewerk het, was daar lof van motoriste vir die departement se uitstaande werk die afgelope dae om die groot aantal slaggate te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button