Local newsNews

Twee leerders aangekla van moord op mede-leerder

Die twee heet aansoek om borg gedoen en gesê dat hulle hul skoolloopbaan wil voortsit.

Die Bronkhorstspruit-landdroshof het borgtog toegestaan aan twee leerders van die Lesedi Sekondêre Skool wat aangekla word van moord.

Mlehalinye Montasi (20), ’n graad 12-leerder, is borg van R6 000 toegestaan, terwyl Kgotlhello Mathabathe (19), ’n graad 10-leerder, borg van R3 000 gekry het. Die twee word daarvan beskuldig dat hulle op 17 Junie ‘n graad 10-leerder,  Lethabo Mokonyane aangerand en doodgesteek het.

Na bewering is Mokonyane ná die eksamensessie deur die beskuldigdes naby die skoolhek gekonfronteer. ’n Geveg het ontstaan waartydens een van die beskuldigdes hom glo vasgekeer het terwyl die ander hom herhaaldelik met ’n skerp voorwerp gesteek het. Mokonyane is na die hospitaal gehaas, maar het ’n paar uur later aan sy beserings beswyk.

In die hof het die beskuldigdes borg gevra sodat hulle hul skoolloopbaan kan voortsit. Die aanklaer, Karabo Sebela, het borg teëgestaan en aangevoer dat Montasi onwettig in die land is en ’n vlugrisiko inhou. Sy het ook gesê dat albei beskuldigdes aan die getuies bekend is en moontlik kan inmeng.

Die landdros het egter borg toegestaan, onder streng voorwaardes dat die beskuldigdes hofverrigtinge moet bywoon totdat die saak afgehandel is, nie met getuies mag inmeng nie, en hulself aan korrektiewe toesig moet onderwerp.

Die saak is uitgestel tot 10 Oktober wanneer die saak in die streekhof sal voorkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button