News

”n Engel so skielik van ons weggeneem’

Ons diepe medelye met Tilla se gesin en haar vriendekring.

Haar lag was aansteeklik en haar hart oop vir mense. So sal die gemeenskap van Parys Tilla Odendaal onthou wat Maandagaand in die Eugene Marais-hospitaal oorlede is. Sy was 62.

Tilla is vroeër vanjaar met kanker gediagnoseer en het die afgelope maande ‘n pad met haar gesondheid geloop. Sy is enkele dae ná haar verjaardag op 11 Augustus in die hospitaal opgeneem en was haar toestand kritiek.

Tilla het vir die afgelope meer as 20 jaar diep spore in Parys gelaat nie net as knap sakevrou nie, maar ook met haar betrokkenheid in die gemeenskap. Sy was eienaar van Parys Matte en Franchise-eienaar van Top Carpets & Flooring, asook mede-eienaar van die Impaksentrum. As Rotariërlid  het sy haar plek volgestaan en vreugde gevind in die jare wat sy deel was van die Deo Gloria-koor. In die Parys-0os gemeente het sy haar talente uitgeleef met haar betrokkenheid.

As direkteur van Parys Info & Tourism, was die dorp en sy gemeenskap vir haar belangrik.

Tilla Odendaal soos ons haar sal onthou – iemand wat maklik kon lag en graag gegee het.

Sy het maklik kon lag, maklik kon gee en soos haar liefde vir helder kleure, sonskyn gebring in haar vriendekring en haar gesin met wie sy haar lewenspad gestap het, en die mooiste memories gemaak het.

Tilla sal met net die mooiste herinneringe onthou word deur haar dogter, Suré, skoonseun, Juan, kleinkinders Jana en Anro, en haar vriendekring.

Tilla se spore lê diep getrap in baie harte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button