Local newsNews

Vyf jaar vir bedrieër ná werknemer by motorhandelaar onraad vermoed

Die waarnemende Valke-hoof in Noordwes, brigadier Georgia Moos, het die vonnis verwelkom en die ondersoekspan se pogings geprys.

Die lang arm van die gereg was net té lank vir n 27-jarige man wat met iemand anders se dokumente probeer het om ‘n Land Cruiser te koop

Dantin Brits is in Julie 2023 na ‘n motorhandelaar in Klerkdorp waar hy aansoek gedoen het om die Land Cruiser ter waarde van R1,4 miljoen te koop. Met die aansoekproses het die op-en-wakker werknemer van die handelaar opgemerk dat Brits dokumente gebruik het wat aan iemand in die Verenigde State van Amerika behoort.

Die handelaar het die saak onder die aandag van die Valke se Eenheid vir Ernstige Kommersiële Misdaadondersoeke gebring. ’n Lokval is gestel, en is Brits toe hy die handelaar besoek het om sy kontrak te finaliseer, gearresteer, het polisiewoordvoerder Tinyiko Mathebula gesê,

Brits is Maandag in die Klerksdorpse landdroshof skuldig bevind aan bedrog en vyf jaar direkte gevangenisstraf deur die hof opgelê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button