Local newsNews
Hoofwegbotsing eis twee lewens
Die identiteit van die oorledenes is nie bekendgmaak nie.
‘n Botsing Dinsdagaand op die N1-hoofweg tussen die Vaal Plaza-tolhek en die Engen 1 Stop het die lewens van twee mans ge-eis met nog ‘n persoon wat ernstig beseer is.
Die botsing het plaasgevind nadat ‘n Mercedes van agter teen ‘n vragmotor gebots het waarna ‘n Ford Ranger die motor en vragmotor op die botsingstoneel getref het.

Die pad was tot na middernag gesluit vir verkeer terwyl nooddienste besig was met opruimingswerk op die toneel.
Die beseerde pasiënt is van die toneel na die Emfuleni MediClinic vervoer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



