Local newsNews
Twee vas ná motor uit parkeerarea gesteel word
Die inligting van die gesteelde voertuig is onmiddelllik opgevolg wat die polisie op die spoor van die twee mans gesit het.
Twee mans, onderskeidelik 25 en 41 jaar oud, sal die week in die landdroshof in Koppies verskyn op klagte van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde voertuig, nadat hulle naby die Rooiwal-afrit op die N1-hoofweg in hegtenis geneem is.
Polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani sê die arrestasie het gevolg nadat hoofwegpatrollie lede van die Fezile Dabi-distrik inligting van die Vanderbijlparkse polisie opgevolg het oor ‘n Mazda Etude wat na bewering uit ‘n maatskappy se parkeerarea in Vanderbijlpark gesteel is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



