Local newsNews

8 Dinge wat jy waarskynlik nie van testamente weet nie

Volgens 2022-data van die Meester van die Hooggeregshof, sterf minder as 15% van Suid-Afrikaners met ’n geldige testament in plek.

Baie Suid-Afrikaners glo steeds dat testamente net vir ryk mense is, of net in sekere kulture nodig is – maar dit is nie waar nie. ’n Testament bepaal wat met jou besittings moet gebeur wanneer jy sterf, ongeag jou kultuur of die waarde van jou boedel.

Karabo Kopeka, Besturende Direkteur by Clientèle Legal, verduidelik dat om sonder ’n testament te sterf, families kwesbaar laat en nalatenskappe onseker maak. Hy deel agt dinge wat almal oor testamente moet weet:

  1. Dit beskerm jou kinders: Jou testament bepaal wie jou minderjarige kinders moet grootmaak. Sonder dit, besluit die hof – en dit mag iemand wees wat nie jou waardes deel nie. Jy kan ook ’n trust instel om geld vir jou kinders te beskerm.

  2. Dit beskerm jou bates: ’n Testament verseker dat jou huis, motor, spaargeld en ander waardevolle items na die mense gaan wat jy kies. Sonder dit bepaal die wet, wat konflik kan veroorsaak.

  3. Dit is ’n lewensles: Vanaf 16 mag Suid-Afrikaners ’n wettige testament skryf. Jonger kinders kan leer deur “mini-testamente” te maak, soos om ’n speelding aan ’n vriend te bemaak – dit is nie wettig nie, maar leer hulle die waarde van beplanning.

  4. Jy kan ’n wensbrief byvoeg: Dit is nie wetlik bindend nie, maar prakties. Jy kan byvoorbeeld wagwoorde, bankbesonderhede of selfs sorg vir troeteldiere insluit.

  5. Jou eksekuteur kry regshulp: Die eksekuteur wat jy aanwys, maak seker skulde word betaal en bates korrek verdeel. Hy/sy kan – en moet – met ’n prokureur saamwerk.

  6. Dit dek nie alles nie: Pensioenfondse en lewensversekering vereis dat jy begunstigdes direk in die polis noem.

  7. Jy kan dit enige tyd opstel en aanpas: Moenie wag tot jy oud of siek is nie, en onthou ’n testament is net geldig as jou handtekening daarop is.  Gaan jou testament na veral met belangrike gebeure soos  troues, egskeidings, geboorte van kinders of die koop van ’n huis, en maak seker die inhoud daarvan is op datum en relevant tot jou huidige situasie.

  8. Dit hoef nie duur te wees nie: ’n Testament kan bekostigbaar opgestel word. Baie professionele mense, soos regsadviseurs  bied dié diens teen lae koste.

Kopeka voeg by: “Dit is ook belangrik dat jou familie weet waar om dit te kry. Stoor dit veilig – by wie ook al dit opstel, of digitaal – maar maak seker jou geliefdes weet daarvan.”

“’n Geldige testament bied ware gemoedsrus,” sluit hy af. “Ons doel is om elke Suid-Afrikaner te bemagtig om hul nalatenskap te vorm deur bekostigbare en toeganklike regsadvies.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button