Local newsNews

Gratis gesondheidstoetse vir die hele gesin

Wanneer dit by gesondheid kom, verwaarloos ons dikwels die basiese toetse wat 'n vroeë waarskuwing van meer ernstige gesondheidsprobleme kan wees. As jy hierdie gesondheidstoetse gratis kan laat doen, en terselfdertyd ook die Hervormde Kerk se mini-mark kan ondersteun, is dit n wenkombinaise.

Die Rotariërklub van Parys span vir die derde jaar agtereenvolgens kragte saam met die Nederduits Hervormde Kerk en die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, asook ander diensverskaffers om ‘n Familie Gesondheidsdag aan te bied op 27 September op die Hervormde kerkterrein op die h/v Loop- en Paulsenstraat.

Gratis gesondheidsdienste wat vanaf 08:00 tot 15:00 beskikbaar sal wees, sluit in:
* Bloeddruk en cholesterol toetse
* Suikertoetse
* Basiese tandheelkundige ondersoeke
* Oogtoetse
* Gehoortoetse
* Borsondersoeke
* Bewusmaking van gehoorgestremdhede, en die voordele van die aanleer van gebaretaal.
* Bewusmaking van epilepsie
* Hiperbariese terapie en die voordele daarvan
* Noodhulpdemonstrasies
* Fokus op geestesgesondheid en 24 uur hulp wat beskikbaar is.

Die Bloeddiens moedig skenkers, maar veral ook nuwe skenkers, aan om ‘n draai te kom maak die dag, en die mobiele skenkerskliniek op die terrein te ondersteun.

Daar sal verskeie kosstalletjies en pretaktiwiteite wees. Dit sluit ook ‘n inkleurkompetisie in wat gehou word deur Rotary Parys en FAST Heroes ter bewusmaking van beroertes, en hoe kinders die lewensvaardigheid geleer kan word van wat gedoen moet word in geval van nood sou iemand na aan hulle ‘n beroerte kry.

Kom ondersteun die dag en kry gemoedsrus vir jou familie se gesondheid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button