Local newsNews

Hulde gebring na ongeluk die lewe eis van Vrystaatse sersant

Die begrafnisdiens word Satrerdag 26 September gehou.

Die gedenkdiens vir die 47-jarige sersant Lucas Tshediso Semenyane wat op 12 September in ‘n noodlottige motorongeluk op die N8 naby Sannaspos gesterf het, sal Woensdag 23 September in Bloemfontein gehou word.

Sersant Semenyane was saam met ander polisielede onderweg na ‘n klagte toe die noodlottige botsing die oggend omstreeks 02:45 plaasgevind het. Hy is op die toneel oorlede.

’n Tweede polisielid, die 44-jarige konstabel Menzeleni Douglas Macala, wat in dieselfde voertuig was, is in die botsing beseer maar is reeds ontslaan na behandeling.

Sersant Lucas Tshediso Semenyane
Sersant Lucas Tshediso Semenyane

’n Saak van strafbare manslag is geopen en die omstandighede rondom die ongeluk word steeds ondersoek, het die polisie gesê.

Kollegas, familie, vriende en lede van die gemeenskap sal tydens ’n gedenkdiens en amptelike begrafnis wat Saterdag 26 September in Botshabelo gehou word, hulde bring aan Semenyane.

Die polisie in die Vrystaat het sy innige meegevoel met Semenyane se familie, vriende en kollegas betuig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button