Local newsNews
Polisie vra hulp om vermiste Parys-man te vind
Die polisie versoek enigiemand met inligting oor waar Rossouw hom mag bevind om speurder-adjudant offisier Brian Janse van Rensburg by 082 466 8094 te skakel, of Crime Stop by 08600 10111. ’n Anonieme wenk kan ook op die MySAPSApp selfoontoepassing gestuur word.

Speurders in Parys het ‘n beroep op die publiek gedoen om te help om die vermiste 54-jarige Buks Rossouw te vind.
Volgens ’n vriendin van Rossouw het hy op 19 September omstreeks 10:00 die woning in Parys verlaat om te gaan hengel en nie teruggekeer nie. Sy sê hy ly aan skisofrenie en is bekommerd omdat hy nog nooit vir so lank van die huis af weg was nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



