Local newsNews

Waarskuwing: N1 by Winburg gesluit

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens doen ’n beroep op kalmte en samewerking van alle partye terwyl wetstoepassers die situasie monitor. 

Die N1 by Winburg is vroeër vanaand tydelik gesluit  nadat ’n groep gemeenskapslede die pad versper en verkeersvloei in beide rigtings ontwrig het. Die polisie is op die toneel om die veiligheid van alle padgebruikers te verseker en orde te herstel. Alle betrokke rolspelers is ook ontbied om te help om die situasie te bestuur.

Motoriste wat op die N1 reis, is versoek om alternatiewe roetes te gebruik totdat verdere kennisgewing gegee word. Intussen kan die R30 gebruik word deur motoriste wat vanaf Bloemfontein op die N1 reis, sowel as motoriste wat vanaf Kroonstad op die N1 na Welkom reis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button