Voormalige adjunkminister van Korrektiewe Dienste voor die hof vir klagte oor sekuriteitsopgraderings
Die hof het borgtog van R10 000 aan Makwetla toegestaan en sal hy weer op 4 November voor die hof verskyn.
Die voormalige adjunkminister van Korrektiewe Dienste, Thabang Makwetla, het in die Palm Ridge Gespesialiseerde Hof vir Kommersiële Misdade verskyn op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite (PRECCA) en bedrog.
Die aanklagte spruit uit beweerde sekuriteitsopgraderings aan sy huis deur BOSASA in 2015. Die waarde van die opgraderings beloop sowat R350 000. Makwetla se herhaalde versuim om hierdie wesenlike voordeel oor ’n tydperk van vier jaar aan die parlement te openbaar, het sy wetlike en etiese plig ingevolge die Kode vir Etiese Gedrag en Openbaarmaking van palementslede se belange geskend, het Henry Mamothame, IDAC-woordvoerder gesê.



