Local newsNews

Wees op jou hoede vir bedrieërs

As jy vermoed ’n besigheid stel homself verkeerd voor, rapporteer dit sonder versuim. 

Die Retail Motor Industry Organisation (RMI) waarsku verbruikers om versigtig te wees wanneer hulle ’n werkswinkel vir herstelwerk kies.

In ’n onlangse geval wat landwyd op televisie uitgelig is, het ’n besigheid  valslik beweer dat dit deur die RMI geakkrediteer is. Kliënte, wat bekommerd was oor die moontlike impak op hul waarborge of versekeringsaansprake, het mondelinge bevestiging ontvang dat die besigheid ’n lid is. In werklikheid was dit nie die geval nie.

“Ons sien steeds sulke gevalle regoor die land,” sê RMI-hoof uitvoerende beampte, Ipeleng Mabusela. “Verbruikers plaas hul vertroue in die RMI-naam, en ons wil hulle herinner aan die belangrikheid daarvan om altyd lidmaatskap te verifieer voordat jy jou motor oorhandig.”

Hoe om jouself te beskerm:

  • As jy jou motor na ’n onafhanklike naverkoop-spesialis wil neem, kies altyd ’n geakkrediteerde RMI-lid.

  • Moenie op mondelinge aansprake staatmaak nie – verifieer lidmaatskap deur die amptelike RMI-webwerf.

  • Doen navraag oor die sertifikaat – geakkrediteerde lede vertoon ’n lidmaatskapsertifikaat met ’n skandeerbare QR-kode wat geldigheid en goeie status bevestig.

  • Gaan sosiale media-kommentaar na en besoek webtuistes soos Hello Peter om negatiewe kliënte-terugvoer te sien.

Die RMI verhoog steeds bewustheid deur media en sosiale kanale oor hoe motoriste kan keer om mislei te word. “Ons misie is om die maatstaf vir etiese, professionele diens in die motor- naverkoopbedryf te stel,” voeg Mabusela by. “Wanneer jy ’n RMI-geakkrediteerde besigheid kies, kan jy verseker wees van behoorlike regsmiddele, tegniese kundigheid en ’n verbintenis tot deursigtigheid.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button