Local newsNews

Dis groot plaaspad jol by Saterdag se Weiveld Rally

Vanjaar se roete is effe korter met stalletjies wat nou nader aan mekaar is om die pret nog groter te maak. Bring die hele familie, en al jou vriende en kom jol saam.

 Al wat wiele is – van bakkies tot trokke, pypkarre, en veldfietse gaan môre stof byt vir die jaarlikse Weiveld Rally jol – een van die grootste pret-uitdagings in die distrik.   Dis dan wanneer wiele spin en enjins dreun op die plaaspaaie, damwalle en in die moddergate langs die roete, om te stop by die 15 stalletjies waar pretspeletjies en lekker pryse wag.

Hoe kom jy daar?

Hekke maak Saterdag 07:00 oop vir registrasie en betalings by die Weiveld Boerevereniging-saal. Die saal kry jy as jy Weiveld Boerevereniging op Google Maps insleutel. Alternatiewelik vat die Wolwehoek-afdraai langs die R59, of volg die Dover-pad uit verby Hinterland Parys en volg net die aanwysings.

Die foto’s is met verlede jaar se Weiveld Rally pret geneem. 

Hoe skryf jy in?’

Motorfietse betaal R100 per inskrywings en spring weg tussen 07:00 en 08:00. Daarna volg die wegspring en inskrywings vir motors tussen 08:00 en 10:00. Inskrywingsgeld vir motos kos R150 per motor wat die motorbestuurder insluit. Dié wat saamry in die motor betaal R50 per persoon.

Die roete beloof baie pret en is nie ‘n kompetisie nie. Die pret en kompetisie is by die stalletjies en die uitdagings langs die roete.

Dis lekker plaaspad jol sorg gewoonlik ook vir kleurvolle temas. 
En jy kan baie waterpret te wagte wees. 
Hope pretspeletjie uitdagings wag by die stalletjies langs die roete.

Bok-rugby en Quarter mile

Moenie dat die Bok-rugby jou weghou van die Rally nie. Na die Quarter mile om 14:00 word daar saam om 15:00 rugby gekyk op die groot skerm by die Valtrac-trok.

Die prysuitdeling en veilig sal ook by die Valtrac-trok wees wat die laaste stalletjie op die roete is. By die veilig gaan jy kan bie op van wyn tot ‘n lekker wegbreek-naweek.

Die Quarter-mile is vir dié wat kans sien vir kompetisie en kos deelname R100 per voertuig.

Verlede jaar  het 450 deelnemers hul slag kom wys by die Weiveld Rally, en word daar weer vanjaar deelnemers van oral oor verwag.

Jy het nie ‘n 4 x 4 nodig nie, en daar is nie toeskouerpunte nie. Die Rally gaan oor die pret van deelneem – bring jou vriende, jou familie,  jou bure en kom jol, kuier en brag met jou wiele as jy nie bang is vir stofpaaie en moddergate nie.

Dis ‘n lekker familiedag waarop jy nie kan uitmis nie en daar is lekker kosstalletjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button