Local newsNews

Oud-maar-nie-koud laat die wenballe rol

Die groentjies het nie teruggestaan vir ervare spelers nie en word beplan om die rolbaldag 'n jaarllikse instelling te maak.

Balle het Saterdag gerol vir Vrystaat Versorging in Aksie (VVA ) Parys se eerste rolbaldag waar 14 spanne mekaar op die plaaslike rolbalklub se bane die stryd kom aansê het. Die dag was nie net vir ervare spelers nie, en het agt groentjie spanne gesoute spelers kom uitdaag.

Groentjies wys wie is baas

Die groentjies het gewys wie baas is met die amateur Oud-maar-nie-koud-span wat met die louere weggestap het. Nog ‘n amateur span, Peaky Blinders, was tweede, met die span van Toets van der Westhuizen in die derde plek. Die VVA-span het die spit afgebyt as verloorders.

Na die prysuitdeling het Peaky Blinders gevoel hulle verdien eintlik die eerste plek, en het die Oud-maar–nie-koud span uitgedaag vir nog ‘n rondte se spel. Nie eens die reën kon die geesdriftige jongmense en spangees blus nie, en het hul tot die einde deurgedring met Peaky Blinders as algehele wenners.

VVA rolbaldag wenners
Oud ma nogi koud op die rolbalbaan.

VVA sê dankie

VVA sê dankie aan Mica, Spur, Jimmy Jaggers, Krokedil, Bosboer en Willow Acres vir die borg van die pryse. Spesiale dank aan Amanda en Jaco van Parys-rolbalklub vir die hulp met reëlings vir die dag en die gebruik van Parys-rolbalklub se fasiliteite.

Ná die sukses van die dag, word ‘n rolbaldag ten bate van VVA ook vir 2026 beplan, maar wees gewaarsku – kompetisie gaan straf wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button