Local newsNews
ATKV Vredefort Koepel kuier om pizzas
Kom kuier saam en hoor meer van hierdie tak se opwindende projekte.
Op die 25 Oktober gaan die ATKV Vredefort Koepel ‘n heerlike oggend pizza-kuier hou. Hierdie ontspan-geleentheid word beplan vir 11:00 tot 13:00 by O’s Restaurant.
Alle bestaande, nuwe en voornemende ATKV-lede word hartlik uitgenooi. Dit sal ‘n kenmekaar en kuierkans wees, en sal meer vertel word van die tak se projekte.
As jy hierdie heerlike oggend wil bywoon, kontak vir Wynand Serfontein by 083 452 5526 voor 22 Oktober sodat daar genoeg pizzas bestel kan word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



