Local newsNews
Blink plan vir skoner strate in ruil vir ‘n bord kos
Deur die projek te ondersteun help jy nie net om jou dorp skoon te hou nie, maar ook om iemand anders in nood te help.
‘n Blink plan van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) Parys waarmee werkloses al vir ‘n geruime tyd help om die dorp skoon te hou in ruil vir ‘n bord kos, werp goeie vrugte af.
Goeie werk gedoen
Tydens die South African Western Mounted Games Association se nasionale kampioenskappe en Cup of Nations wat in Parys gehou is, het VVA gehelp om die dorp se hoofstraat skoon te hou met ‘n rekordgetal ruiters en besoekers wat vanjaar deel was van die spog geleentheid by die Afri Dome.
Koeponwerkers het daagliks gehelp vullis optel en is daar met die hulp van Jakob, Samson, Simon en Jantjie ook so ‘n verskil gemaak.

Wat is die koeponstelsel
Die koeponstelsel behels dat werkloses daagliks by VVA se kantoor aanmeld waar hulle sakke ontvang en verwys word na van die besighede in die dorp asook in die nywerheidsgebied wat deel is van die stelsel, en waar hulle dan help skoonmaak.
Deelnemers aan die projek kry dan ‘n ete-koepon in ruil vir die vullissakke wat hulle volmaak. Die etes word by VVA se sopkombuis bedien.
So kan jy betrokke raak
Besighede is welkom om Sanette Boonzaier by VVA te kontak en ‘n donasie te gee vir n maand se etes wat daagliks voorsien word.
So probeer VVA bedelaars van die straat af kry en ook werk skep vir daardie bord kos. Terselfdertyd help dit om strate skoon te hou.
Koeponstelsel verseker dat iemand in nood nie honger gaan slaap nie
VVA moedig weer besigheidseienaars en ook die publiek aan om eerder koeponne te borg as om vir iemand geld in die hand te stop. So is jy verseker iemand in nood kry n bord kos daagliks waarvoor hy werk.
Kontaknommers
Skakel Sanette by 0793240603, of die VVA kantoor by (056) 811 2971 vir meer inligting oor die koeponstelsel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



