Local newsNews
Lugakrobate lewer skitterende vertoning by SA-Kampioenskap vir uitvoerende kunste
Die talentvolle groep lugakrobate tree ook graag by funksies op.
Anavi Aerial Studio se lugakrobaat studente spog met uitsonderlike prestasies na afloop van hul Sacopa (South Africa Championships of Performing Arts) deelname.
Die kampioenskappe is van 8 tot 12 Oktober gehou wat ook hul Showcase items ingesluit het. Linda Pieterse, hoofafrigter van die studio, sê die prestasies span die kroon op baie harde werk, en is moontlik gemaak danksy ondersteuners en borge.
So het die spoguitslae gelyk:
- Kaylin Pretorius (8-10 jaar) – goud vir Hammock, Hoop, Trapeze – SA-span*
- Sue-ann Viljoen (11-12 jaar) – silwer (Hammock), brons (Hoop), brons (Trapeze) – SA-span
- Renesmé Du Toit (13-15 jaar) – silwer (Trapeze) – SA-span
- Michayla Retief (13 – 15 jaar) – brons (Hammock en Trapeze) – SA-span
- Mariska Korff (30+) – silwer (Silk, Aerial Open en Hammock) – SA-span
- Linda Pieterse (30+) – goud (Aerial Hammock, Aerial Open, Aerial Trapeze, Showcase Trapeze) – SA-span
- As jy belangstel in dié sport, of van die talentvolle lugakrobate gebruik wil maak vir ‘n vertoning by funksies, skakel Linda by 076 688 1548.




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



