Local newsNews

Byna R2m se gesteelde kruideniersware gekry

Drie verdagtes is gearresteer en sal binnekort in die Kroonstad en Parys landdroshowe verskyn.

Hoofwegpatrolllielede van Sasolburg en Kroonstad het Donderdag tydens ’n gesamentlike operasie kruideniersware ter waarde van sowat R2m op die N1 gekonfiskeer nadat ‘n vragmotor deursoek is wat onder verdagte omstandighede aan die kant van die snelweg opgemerk is. Die bestuurder van die vragmotor wat in die donker besig was om sleepwaens te koppel, kon nie ‘n faktuur vir die vrag wys nie.

Toe die eienaar van die vragmotor gekontak is, het hy bevestig dat die vrag aan hom behoort, maar dat sy vragmotor ‘n Volvo is, en nie ‘n MAN nie. Die 31-jarige verdagte is in hegtenis geneem op klagte van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Vragmotor met gesteelde kruideniersware.
Die vragmotor waarmee die vermoedelik gesteelde vrag kruideniersware vervoer is. Foto: Verskaf

Die hoofwegpatrollie span van Kroonstad het uitgekyk vir die Volvo-vragmotor en is ‘n voertuig wat aan die beskrywing voldoen het kort daarna opgespoor met twee insittendendes. Die mans, 33 en 39 jaar oud is gearresteer, ook op klagte van vermoedelik gesteelde eiendom

Die drie sal binnekort in die Kroonstadse en Parys landdroshowe verskyn, het polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button