Local newsNews

Indringers se vatplek in die vleiland vasgevat

Groter bewustheid by die gemeenskap is nodig oor die effek wat die storting van tuinvullis en boumateriaal in die vleiland-gebied het. Rapporteer onwettige storting by 082 909 3464.

Die effek wat die stort van tuinvullis het op die vestiging van indringerplantspesies in die ekologiese sensitiewe Parysvleilandgebied, is duidelik gesien tydens
‘n oorsigbesoek van verteenwoordigers van Departement Bosbou, Vissery en Omgewingsake, Sasol as projekvennoot, en die Parys vleilandkomitee toe ‘n evaluasie van indringerplantspesies in die vleiland op 9 Oktober gedoen is.

Die projek om indringerplante in die vleiland te beheer, fokus op spesies wat die grootste bedreiging vir watervloei en
inheemse biodiversiteit inhou. Voorgestelde verwyderingsmetodes wat tydens die besoek bespreek is, sluit in verwydering met die hand, ringafsny, beperkte gebruik van onkruiddoders, en vervanging van verwyderde indringerplante met inheemse plante.

Van die indringerspesies wat vir verwydering as prioriteit geïdentifiseer is, sluit in: Gleditsia triacanthos (Honey
locust/Soetpeulboom/Driedoringboom/ Springkaanboom), Melia azedarach (Syringa/Seringboom), Populus nigra (Black poplar/swartpopulier), Solanum mauritianum (Bugweed/Groot bitterappel/ Luisboom), Asparagus laricinus (Katbos/ Katdoring/Bergkatbos), Cestrum (Inkberry/ Inkbessie), Datura stramonium (Jimson weed/Malpitte/Olieboom), Morus alba (White mulberry/ Wit moerbei), Flaveria bidentis (Smeltersbossie), Vachellia karroo (Soetdoring), Mirabilis jalapa (Vieruurtjies), Celtis sinensis (Chinese witstinkhout), Opuntia ficus-indica, Opuntia stricta en Opuntia cespitosa (Prickly pear/turksvy), Acer negundo (Box elder/Kaliforniese esdoring), Eucalyptus camaldulensis (River red gum/Rooibloekom), Solanum elaeagnifolium (Silver-leaf nightshade/ Satansbos), Zanthium strumarium (Rough cocklebur/kankerroos), Ligustrum lucidum (Tree privet/blinkliguster) en Iris pseudacorus (Yellow flag iris/geel iris).

Honey Locust. Foto: Danie Venter, Parys Vleiland-komitee

Sade van hierdie indringerplante word benewens die stort van tuinvullis ook deur wind en diere versprei.

Die departement is die afgelope drie jaar al besig om indringerplante in die Parysgebied uit te roei en te verwyder.

Om volhoubaarheid van die projek op die langtermyn te verseker, stel die span voor dat die gemeenskap by die herstel en instandhouding van die
vleiland betrek word en groter bewustheid oor die probleem rondom die stort van tuinvullis en bourommel in die vleiland geskep word.

Rehabilitering van die Parys Vleilandgebied

‘n Inisiatief om die verwaarloosde natuurlike vleiland-gebied in die middel van Parys te rehabiliteer en te omskep in ‘n volhoubare vleiland-ekosisteem wat toeganklik en veilig sal wees vir alle gemeenskappe, is goed op dreef.

Sedert begin is met die inisiatief is  ‘n roete vir bergfietsry en landloop in die vleiland gevestig, skoonmaakaksies
geloods, landloop- en fietsrygeleenthede vir die gemeenskap in die vleiland aangebied, bome geplant, befondsingsvennote gekry, ‘n voëllys vir die vleiland begin, plantspesies in die vleiland op iNaturalist aangeteken en die natuurlike fonteinwater getoets en is dit veilig gevind vir drinkwater.

Die wonder van die vleiland

Tydens die besoek aan die vleiland het die span ook pragtige inheemse plante gesien soos die Afropapaver aculeatum (Bristle Poppy/Doringpapawer), wat die enigste inheemse poppy spesie in die Suidelike Halfrond is en in Suid-Afrika voorkom, Drimiopsis burkei (die Afrika Hiasint (bruin), en Ammocharis coranica (Grond lelie).

Poppy in vleiland
Afropapaver aculeatum, een van die unieke plantspesies wat in die Parys vleilandgebied gesien word. Foto: Selma Kok, Parys Vleilandkomitee

Hoe kan jy help?

Die inisiatief om die vleiland te rehabiliteer kan egter net slaag met die samewerking van die gemeenskap en kan jy help deur onwettige storting in die vleiland te rapporteer by 082 909 3464.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button