Local newsNews

Man bedrieg motorhandelaar om bakkie te koop

Die man het met vals dokumente 'n ooreenkoms met die handelaar geteken.

‘n Man wat na bewering ‘n vervalste werkskontrak en ander vals dokumente ingedien het om finansiering vir ‘n dubbelkajuit bakkie te kon kry, is in die Klerksdorpse landdroshof borg van R15 000 toegestaan.

Die 40-jarige Richard Vincent Zitha moet nou op 19 November in die Gespesialiseerde Hof vir Kommersiële Misdrywe in Klerksdorp verskyn op ‘n klag van bedrog.

Daar word beweer dat Zitha op 13 November 2024 homself valslik as ’n werknemer van Apex Edge Construction (Edms) Bpk voorgedoen het toe hy aansoek gedoen het vir voertuigfinansiering by Ford Finance Service in Klerksdorp, sê Sivenathi Gunya, kommunikasiebeampte van die Nasionale Vervolgingsgesag in Noordwes.

Volgens Gunya het ondersoeke  aan die lig gebring dat die man glo ’n werkskontrak vervals en ander bedrieglike dokumente ingedien het as deel van sy aansoek vir ’n Ford Ranger Double Cab 2024-model.

Sy aansoek is goedgekeur, en hy het daarna ’n finansieringsooreenkoms met Ford Finance aangegaan om die voertuig ter waarde van R760 177,25  te koop.

Op 15 November 2024 het hy ’n aanlyn kontrak met die handelaar onderteken.

Die werkskontrak wat hy ingedien het, het aangedui dat hy vanaf 1 November 2024 as bestuurder by Apex Edge Construction aangestel is.

Die staat beweer dat Zitha geweet het dat die voorstellings vals was en dat hy dit met die bedoeling om die klaers te mislei en te benadeel gedoen het.

Die Direkteur van Openbare Vervolgings in die Noordwes, dr. Rachel Makhari, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en ander wetstoepassingsvennote geprys, vir hul werk wat gelei het tot die vinnige inhegtenisneming en hofverskyning van die beskuldigde.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button