Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat swaar reën en donderstorms veral in die sentrale en oostelike dele van Suid-Afrika wat die risiko vir oorstroming en skade aan infrastruktuur verhoog, tot minstens Maandag sal voortduur.
Dit geld vir die Noordwes, die Vrystaat, die oostelike dele van die Oos-Kaap en Noord-Kaap. Dit sal vanaf Sondag tot Maandag na die oostelike dele van die land (Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal) versprei.
Die uiterste weerstoestande is die gevolg van ’n afgesnyde laedrukstelsel, wat van Saterdag tot Maandag (15–17 November) weerstoestande sal beïnvloed. Die tipe weerstelsel word dikwels geassosieer met wydverspreide reën en swaar donderstorms.
‘n Vlak 9-waarskuwing is reeds uitgereik vir hoë reënval in dele van Noordwes wat Sondag verwag word.
Lae maksimum temperature kan Sondag en Maandag verwag word.
Uitvloei by Vaaldam verhoog
Uitvloei by Vaaldam word môre (Sondag 16 November) om 08:00 verhoog na 60 kubieke meter per sekonde.
Die dam was Dinsdag 101,26% vol.
Bloemhofdam het Dinsdag op 96,83% gestaan.
Motoriste gewaarsku
Motoriste is ernstig gewaarsku om versigtig te wees op paaie, spoed te verminder en veilige volgafstande te handhaaf met swaar reën wat sig belemmer en bydra tot gevaarlike padtoestande
Gaan jou ligte en ruitveërs na voordat jy op die pad gaan.
Beplan jou roete vooraf en wees bedag op waarskuwings vir oorstromings op paaie en by laagwaterbrue.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.