Local newsNews

Chubby Chick-skietvoorval: Man steeds onder polisiebewaking

Die verdagte het Woensdag weer in absentia voor die hof verskyn.

Die saak teen die 73-jarige Robbert Joubert wat aangekla word van die moord op Johnathan Fourie (52), en poging tot moord op Fourie se broer, Deon (55), sal weer op 11 Desember in die Potchefstroomse landdroshof voorkom. Joubert is steeds onder streng polisie bewaking in ‘n Potchefstroomse hospitaal, het polisiewoordvoerder kolonel Adéle Myburgh bevestig.

Joubbert se eerste twee hofverskynings was in absentia, maar sal hy na verwagting moontlik op 11 Desember in persoon voor die hof verskyn.

Die Fourie-broers van Chubby Chick in Potchefstroom, is op 10 November geskiet in die onderneming se raadsaal. Johnathan is op die toneel dood, en word Deon wat kritieke beserings opgedoen het, steeds in ‘n Gautengse hospitaal behandel.

Volgens inligting is ‘n vergadering tussen die twee direkteure, Johnathan en Deon, en Joubert gehou, vermoedelik oor ‘n eiendomstransaksie. Ná die vergadering het Joubert glo die gebou verlaat, maar ongeveer 30 minute later teruggekeer. In daardie stadium was Deon steeds in die raadsaal toe Joubert glo die gebou binnegekom en hom verskeie kere na bewering geskiet het. Deon het om hulp geroep waarna Johnathan onmiddellik gerageer het, en toe self ook geskiet is.

Sekuriteitspersoneel het toegetree en ‘n verdere skietvoorval het plaasgevind waarop Joubert gewond is.

Die maatskappy het vroeër in ‘n verklaring bevestig dat Joubert nie ‘n werknemer oudwerknemer of kontrakteur van die maatskappy was nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button