Local newsNews

So lyk dit nou by Vaaldam en Bloemhof

Nog reën word vir die week voorspel.

Nog ‘n sluishek sal vanoggend om 10:00 by Vaaldam toegemaak word wat beteken dat daar dan net drie sluishekke by die dam oop sal wees.

Vaaldam is nou 101,24% vol met invloei gemeet teen 329,78 kubieke meter per sekonde, en uitvloei teen 431 kubieke meter per sekonde. Daar is 5mm reën in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.

Bloemhofdam

Bloemhofdam is nou 104,96% vol. Water word tans uitgelaat teen 1 002.3 kubieke meter per sekonde. Status quo sal vandag by Bloemhofdam gehandhaaf word.

Die Barrage het nog een sluishek oopgehad teen 07:00 vanoggend en word water uitgelaat teen 305 kubieke meter per sekonde.

Schoemansdriftbrug

Die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel is weer oop nadat die Vaalrivier se watervlak oor die naweek aansienlik gedaal het nadat daar sedert Saterdag vier sluishekke toegemaak is.

Teen 18:00 Sondagaand het die rivier se watervlak by dié laagwaterbrug 1,95m gemeet en die watervloei is gemeet teen 791,5 kubieke meter per sekonde.

Die Schoemansdriftbrug in die Vredefort Koepel
Die foto van die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is gisteraand geneem deur Sue Janse van Rensburg.

Nog reën kom

Daar is vir die Vrystaat vir vandag en ook die res van die week reën voorspel, met donderstorms veral in die oostelike dele van die provinsie. Mense moet bedag wees op wind, donderweer en skiellike reënbuie.

Laatmiddagdonderstorms kan veral daagliks hoofsaaklik in die oostelike en noordoostelike dele van die Vrystaat verwag word.

Swaar reën is veral ook vir die week in die Vaaldam se opvangsgebied voorspel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button