Local Election NewsLocal news

Verkiesing: Meer koalisies vir munisipaliteite voorspel

"Hierdie verkiesing gaan oor meer as net dienslewering Dit gaan ook oor waardes," het dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus gesê.

Met meer as 530 partye wat volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir die verkiesing geregistreer het, het Mulder kiesers aangeraai om die tien grootste en prominentste partye te vergelyk en te kyk waarvoor elke party staan.


“Jy kan en moet stem vir die party waarmee jy saamstem,” het Mulder gesê.


In aansluiting hierby het hy kiesers gevra om hul huiswerk vooraf te doen oor die waardes en visies van politieke partye.


“Hierdie verkiesing gaan oor meer as net basiese dienslewering. Dit gaan ook oor waardes,” het hy gesê en verwys na statistiek wat bewys dat lande waar daar ekonomiese groei is, by hul waardes staan.
“‘n Party sluit nie aan by mense nie. Mense sluit aan by ‘n party,” het hy gesê. “Daarom moet jy seker maak jy kan jou vereenselwig met die waardes van die partye waarvoor jy stem.”

“Iewers moet ons begin om die regte mense aangestel te kry vir die werk. Dit begin by gemeenskappe wat verantwoordelikheid vat vir hulself.”

“Ons kort minder senior en middelklas-amptenare, en meer vakmanne wat die werk kan doen. Ons moet meer aan herstel en minder aan salarisse spandeer. Ons moet ons raadslede aanspreeklik kan hou.” “Ons het kollektiewe wysheid en besluitneming nodig, maar ons moenie wag tot die verkiesing nie. Ons moet nou reeds om ‘n tafel sit met organisasies soos sakekamers om ‘n aksieplan te kry, want ons het munisipaliteite nodig wat werk,” was Mulder se boodskap.

Dr. Corné Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus. Foto: Liezl Scheepers
Dr. Corné Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus.
Foto: Liezl Scheepers


Hy was duidelik daaroor dat ‘n stem net gemors kan word as jy nie geregistreer het om te kan stem nie, geregistreer het maar nie gaan stem nie, of as jy stem vir ‘n party met wie se waardes jy nie saamstem nie.

“Dit is nou die tyd om ‘n fondament te bou vir die 2029-verkiesing, want as ons die regte ding doen, gaan mense terugkom na Suid-Afrika, want dis hier waar hulle hoort,” het hy sy boodskap afgesluit.

Van links is Tammy Breeds saam met dr Corné Mulder (leier van die VF Plus) en Jan Van Niekerk (provinsiale leier van die VF Plus). Foto: Liezl Scheepers
Van links is Tammy Breedt (VF Plus LP in die Nasionale Raad van Provinsies en die party se onderleier in die Vrystaat) saam met dr Corné Mulder (leier van die VF Plus) en Jan Van Niekerk (provinsiale leier van die VF Plus). Foto: Liezl Scheepers

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button