Local newsNews

Ietermagog uit gereedskapkis gered

Die verdagtes was met die ietermagog op pad na 'n potensiële koper.

Vinnige optrede van die polisie het gister tot die redding van ‘n ietermagog gekom wat in die besit van twee verdagtes gekry is.

Blitspatrollie lede, vergesel van die polisie se K9-eenheid in Bloemfontein en die Navalsig Misdaadvoorkomings­eenheid het ‘n bruin Toyota Corolla sedan op die N8-hoofweg naby ’n vulstasie buite Bloemfontein afgetrek en deursoek waarop ‘n staal gereedskapskis in die motor se kattebak gekry is. Die gereedskapkis was gesluit met ‘n hangslot.

Die twee insittendes van die voeruig het beweer dat hulle nie die sleutel het om die slot oop te maak nie, wat agterdog laat ontstaan het. Toe die gereedskapkis oopgebreek is, is afgekom op die ietermagog.

Polisielede het gister tot die redding van die ietermagog gekom. Foto: Verskaf
Polisielede het gister tot die redding van die ietermagog gekom. Foto: Verskaf
Die ietermagog wat in die gereedskapkis toegesluit was om aan 'n potensiële koper te gaan verkoop. Foto: Verskaf.
Die gereedskapkis waarin die ietermagog toegesluit was. Foto: Verskaf.

 Die verdagtes is ondervra en het aan die polisie gesê dat hulle van Petrusberg afkomstig is en ’n ontmoeting met die potensiële koper by ’n onbekende plek sou hê. Die waarde van die soogdier word op R104 000.00 geskat.

Klagte vir die Onwettige Besit van ’n wilde Lewende Dier, ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuur-Biodiversiteitswet 10 van 2004, is by die Navalsig-polisiekantoor geopen.

Die verdagtes, onderskeidelik 31 en 38 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal  in die Bloemfontein-landdroshof verskyn, het luitenant-kolonel Thabo Covane gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button