Local newsNews

Status quo, maar moontlikheid dat sluishekke weer oopgemaak kan word

Donderstorms en winderige toestande is vir die res van die week vir die Vrystaat voorspel.

Status quo sal vandag by Vaaldam gehandhaaf word waar drie sluishekke tans oop is. Daar is egter ‘n moontlikheid dat addisionele sluishekke dalk môre oopgemaak kan word, en word die situasie deurentyd gemonitor met wydverspreide reën wat vir die week voorspel is.

Vaaldam het vanoggend op 101,86% gestaan met invloei gemeet teen 873 kubieke meter per sekonde, en uitvloei teen 346 kubieke meter per sekonde.

Barrage het vanoggend water uitgelaat teen 480,6 kubieke meter per sekonde.

Donderstorms vir die Vrystaat voorspel

Ná swaar reën wat reeds oor die naweek in die Vrystaat geval het, het die Suid-Afrikaanse Weerdiens gewaarsku dat nog donderstorms vir die res van die week verwag kan word wat tot oorstromings kan lei. Daar is ook gewaarsku teen hael en winderige toestande.

In droeër dele van die provinsie is gewaarsku dat wind kan lei tot die ontstaan van wegholveldbrande.

'n Skermgreep uit Tanya van Rooyen se video van die tornado wat vanmiddag buite Heilbron gesien is. Foto erkenning: Tanya van Rooyen
‘n Skermgreep uit Tanya van Rooyen se video van die tornado wat Maandagmiddag buite Heilbron gesien is. Foto erkenning: Tanya van Rooyen

‘n Kleinerige tornado is gistermiddag buite Heilbron gesien en bevestig deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens, maar is geen skade gerapporteer nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button