Local newsNews

Bakkies kan deur, maar nog nie lae voertuie nie

Daar was teen gistermiddag nog ses sluishekke oop by Vaaldam.

Nadat die watervlak van die Vaalrivier gister heelwat gewissel het by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel, sal bakkies vanoggend al gemaklik oor die brug kan ry, maar is die water nog te diep vir laer voertuie.

Dankie aan Sunnyside se mense wat die stompe by die brug vanoggend verwyder het.

Schoemansdrift laagwaterbrug
Opdrifsels by die brug is vanoggend verwyder nadat die Vaalrivier se water hier begin sak het en die brug weer oopgemaak kon word vir verkeer.
Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel nadat opdrifsels vanoggend verwyder is.
Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel nadat opdrifsels vanoggend verwyder is.

Die watervlak van die Vaalrivier het vanoggend om 05:15 by die brug gemeet op 2,57m met vloei gemeet teen 1 244 kubieke meter per sekondes.

Gistermiddag om 13:00 was die Vaalrivier se watervlak by die brug nog gemeet op 2,97m, waarna dit om 17:30 gemeet het op 3.15m.

Teen gistermiddag was daar nog ses sluishekke oop by Vaaldam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button