Kersete omgee vir bejaardes, want niemand mag dié Kersfees alleen wees
Dankie aan elkeen wat alreeds gehelp het om hierdie omgee-inisiatief te kon moontlik maak.
Omgee-bederf vir dorp se bejaardes, want niemand mag dié Kersfees alleen wees
Omgee is om te gee, en watter beter geleentheid as met die Feestyd om die vreugde van gee te deel met soveel ander wat minder het as jy of wat oor hierdie Kerstyd alleen sal wees.
Toe Rudy Francis met sy pastorale studies begin het, was dit juis hierdie omgee oor die Feestyd wat op sy hart gelê is – veral vir die bejaardes van Parys.
“Daar is so baie wat alleen is oor die Kerstyd en ek wou iets doen om ‘n verskil te maak. Met baie trane en min moed het ek begin met die reëlings vir ‘n spesiale Kersbederfete,” vertel Rudy.
“Ek’t eerste by ons kliënte begin, en toe die eerste kliënt tien minute na my boodskap reageer en sê sy sal die nagereg vir ‘n Kersete skenk, vir hulle wat minder het en alleen is oor hierdie Kerstyd, het ek geweet God is groot, en dat dit nie net sommer ‘n gedagte is nie. Dit is iets wat moet gebeur.”
En dit het. Mense se harte was oop vir die Oukersdagete-inisiatief vir mense 50 jaar en ouer wat andersins nie die vreugde van saamwees oor ‘n Kerstyd sou hê nie.
Die ete is 24 Desember om 09:00 vir 10:00 by die NG Parys-Suid kerksaal in Delverstraat. Daar word reggemaak vir 120 mense. Daar is gevra dat mense wat die ete sal bywoon voor 20 Desember met Rudy moet bevestig by 061 482 9412.
Wat is nog nodig vir die Oukersdagete?
* Hoender
* Enige klein bederfie of lekkergoedpakkies wat aan die bejaardes wat die dag sal bywoon gegee kan word.
Gesels met Rudy by 061 482 9412 as jy graag op die manier ook jou omgee vir ander hierdie Kerstyd wil deel.
‘n Woord van dank:
Dankie aan elkeen wie se harte en hande oop was vir die projek in besonder
Monica Pienaar
Marinda en Thelma (VF+)
Lindie Fourie (Astron Parys)
NG Parys-Suid
Taxi Cash & Carry



