Local newsNews

Hierdie een is vir voëlliefhebbers

Die dag bied jaarliks die geleentheid vir voëlkykers reg oor die land om voëls te kyk en kan jy gratis registreer om deel te neem.

Registrasie vir Birding Big Day 2025 (BBD 2025) op Saterdag 6 Desember is nou oop by birdlife.org.za/bbd.
Birding Big Day is ’n jaarlikse geleentheid wat mense regoor Suid-Afrika aanmoedig om uit te kom en voëls te gaan kyk! Of jy nou ’n ervare “twitcher” is wat mik vir ’n provinsiale rekord, of ’n nuweling-tuinvoëlkyker – ons wil graag hê jy moet registreer en jou waarnemings by Birdlife SA indien. Dis gratis!
Die datapunte wat deur burgerwetenskaplikes soos jy ingesamel word, is van onskatbare waarde om die verspreiding en bevolkingsvlakke van ons land se voëllewe beter te verstaan.
Birding Big Day Saterdag gehou
Saterdag is die jaarlikse Birding Big Day
As jy deel is van ’n voëlklub, of die grootste voël-nerd in jou vriendekring, kry asseblief ’n span bymekaar en gaan kyk 6 Desember voëls!
BBD 2025 word vanjaar geborg deur RETURNAfrica, wat ruimhartig ’n gelukkige-trek-prys van vier nagte vir vier persone in Pafuri, ter waarde van R64 000, geskenk het!
Vir meer besonderhede en om te registreer, besoek birdlife.org.za/bbd.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button