Local newsNews

Boomplaatjies help om Sally Martin se boomskat te leer ken en bewaar

Sally Martin Park spog met 33 inheemse boomspesies.

Waar eens net ‘n klipperige rant was, met net hier en daar ‘n blinkblaar-wag-‘n-bietjie en ‘n soetdoring boom, is Sally Martin Park vandag ‘n boomryke park.

Dié tyd van die jaar is dit juis die soetdorings met hul oorvloedige geel blomme wat inwoners en besoekers van Sally Martin Park trakteer.

‘n Onlangse opname het gewys dat dié oord spog met ‘n totaal van 33 inheemse boomspesies.
Om die verskillende boomspesies aan inwoners en besoekers bekend te stel, is besluit om nog boomplaatjies by 44 bome in die oord aan te bring.

Waarom die boomplaatjies

Jy kan net liefhê en bewaar, dit wat aan jou bekend is.
Daar word aangesluit by Nicolette van Brakel, ondervoorsitter van die Vredefort Koepel Bewarea se lewensfilosofie vervat in die woorde van Baba Dioum (1968):
In the end, we will conserve only what we love, we will love only what we understand, and we will understand only what we have been taught.

Die wens is dat die naamplaatjies op Sally Martin Park se bome mense sal leer verstaan, liefhê en bewaar.

Van links is Dr. Abé Kempen (Voorsitter: Lewensreg Inwonerskomitee), Flip du Plessis (boomkenner en self ook 'n inwoner van Sally Martin Park), Elchristie Oberholzer (Bestuurder: Sally Martin Park) en Seeff Dannhauser Jr, by 'n olienhoutboom wat gemerk is.
Van links is Dr. Abé Kempen (Voorsitter: Lewensreg Inwonerskomitee), Flip du Plessis (boomkenner en self ook ‘n inwoner van Sally Martin Park), Elchristie Oberholzer (Bestuurder: Sally Martin Park) en Seeff Dannhauser Jr, by ‘n olienhoutboom wat gemerk is.
Flip du Plessis en su kleinseun, Seeff Dannhauser, sit een van die boomplaatjies vas.
Flip du Plessis en Seeff Dannhauser sit een van die boomplaatjies vas.

Die rol van bome

Bome vervul ‘n ongelooflike rol in die Skepping. Dink maar net aan suurstof.
Daar word bereken dat een boom suurstof aan vier mense gee.

Verder gee bome medisyne, kos en koelte aan mens, dier en ‘n legio ander lewende organismes.

Terloops, daar word beweer dat van bekende lewende organismes ‘n boom die oudste word.
As jy weer Sally Martin Park besoek – let op die soetdorings met hul oorvloedige geel blomme, en die ongelooflike boomprag van hierdie oord.

Ons salueer die bestuur, donateurs en inwoners van Sally Martin Park vir hul bydrae oor die jare vir dit wat hulle opgebou en nagelaat het vir die dorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button