Local newsNews

Nuwejaarsbabas ook in Parys verwelkom

Sertifikate is aan elke baba se ouers oorhandig wat op Nuwejaarsdag in die Vrystaat gebore is.

Teen 15:00 gistermiddag is daar reeds 44 Nuwejaarsbabas in hospitale reg oor die Vrystaat gebore waarvan 24 seuntjies en 20 dogtertjies.

Sewe Nuwejaarsbabas is in die Bongani Streekshospitaal gebore wat die rekord hou vir die hospitaal met die meeste Nuwejaarsbabas.

Die kantoor van Ngwathe se Uitvoerende Burgemeester het saam met raadslid Noma Moloi (burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid), en wyksraadslede Thabo Sothoane en Mbuyiselo Tyumbu die Parys Distrikshospitaal besoek om ouers geluk te wens wat op Nuwejaarsdag ‘n baba ryker geword het.
Raadslede besoek die ouers van babas wat op Nuwejaarsdag in die Parys Distrikshospitaal gebore is. Foto: Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit
Raadslede besoek die ouers van babas wat op Nuwejaarsdag in die Parys Distrikshospitaal gebore is. Foto: Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button