Local newsNews

Kom aan die beweeg – jou beste besluit vir 2026

Om gesond te leef is dit belangrik dat jy tyd maak om te beweeg deur oefening.

Soggens 05:00 is die eerste kliënte al aan die oefen. Baie van hulle bejaardes. En dan is daar hulle met knie-, rug- en heupprobleme, Ander met pasaangeërs en osteoperose. Sommige met groot gesondheidsuitdagings soos Parkinsons se Siekte en Veelvoudige Sklerose (MS).

Biokinetikus Hendrik Scheepers, is die afgelope 26 jaar in Parys gevestig en sien daagliks die verskil wat oefening in mense se lewens maak.

Oefening is beslis nie net vir die fikses en jongeres nie, sê hy. Niemand is té oud om te oefen nie, en is dit belangrik dat ongeag hoe fiks jy is, of hoe oud jy is, dat jy aan die beweeg sal bly.

Die 85-jarige Frik Beukes aan die oefen

Aan die begin van ‘n jaar is ‘n meer aktiewe en gesonder leefstyl vir baie hoog op die lysie van nuwejaarsvoornemens.

Maar vir ‘n gesonder leefstyl is ‘n gebalanseerde dieet met genoeg proteïne wat jou liggaam nodig het, net so belangrik as ‘n geskikte oefenprogram, sê Hendrik.

Kom aan die beweeg

Of jy stap, draf, fietsry of swem – beweging help om spiermassa te hou, en beenspiere sterker te maak.

Vir Tjoeks Dannhauser is oefening deel van haar daaglikse roetine.

As jy besluit om te stap – stap flink. Moenie dat dit ‘n wandelstappie en kuiersessie word nie.
* Begin met kort afstande soos jou gesondheid dit toelaat, en stap namate jy fikser word, langer afstande,
* Op pas om nie té veel, té vinnig te doen nie.
* Moenie oefen wanneer jy siek is.
* Stel vir jouself ‘n doelwit om minstens elke dag 7 000 treë te loop.
Selfs ortopete raai hul pasiënte aan om te stap, sê Hendrik, en is dit een van die veiligste en goedkoopste maniere om fiks te word en aan die beweeg te bly.

Swem

Swem is ‘n baie veilige en gesonde manier om te oefen.

Fietsry

* Fietsry bied uitstekende kardio, long en beenoefening en help om jou spiere sterk te kry. . Dit is egter nie ‘n goeie opsie as jy aan osteoperose ly nie.

Klim die trappe

* Trappe klim, selfs al is dit net by jou huis waar jy ‘n paar trappies op en af klim vir ‘n paar minute, elke dag, is uitstekende kardio-oefening en goed vir sterker beenspiere. Selfs mense met osteoperose sal baat hierby.

Opstaan sonder sukkel

Die belangrikste is om met oefening te werk om jou beenspiere sterker te kry. Sodoende sal jy makliker opstaan uit ‘n stoel of uit die bad sonder om nodig te hê om op iets te druk.

Oefen ook jou balans deur op een been in ‘n hoek te staan waar jy aan twee kante kan vashou.

Staan op jou hakke en dan op jou tone in ‘n hoek waar jy kan vashou om te keer dat jy balans verloor. Die oefening help nie net met sterker beenspiere nie, maar ook met balans.

Biokinetikus Hendrik Scheepers

Hoe sterker jou beenspiere, en hoe goed jou balans is, help uiteindelik met krag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button