Local newsNews

Gauteng-leerders sterf op pad skool toe: Dodetal styg verder

Elf van die oorledenes het op die ongelukstoneel gesterf.

Die dodetal van vanoggend se tragiese ongeluk op die R553  in Vanderbijlpark waartydens  ‘n minibus taxi wat kinders skool toe vervoer het, en ‘n vragmotor gebots het, het gestyg na 13. Die bevestiging is gegee deur die Gautengse Onderwysdepartement.

Volgens ‘n verklaring van die departement dui voorlopige inligting daarop dat die ongeluk in Fred Droste Road naby Arcellor Mittal rondom 07:00 vanoggend gebeur het toe die private taxi met ‘n tipwa-vragmotor gebots het.

Elf leerders is op die toneel dood verklaar waarna ‘n twaalfde leerder kort daarna vroeër vanoggend in die hospitaal beswyk het.

Die tragiese botsingstoneel wat vanoggend die lewens van 13 Gautengse leerders ge-eis het.
Die tragiese botsingstoneel wat vanoggend die lewens van 13 Gautengse leerders ge-eis het.

Beseerde leerders is na plaaslike hospitale in Vanderbijlpark vervoer. Volgens die departement is die taxibestuurder ook met beserings gehospitaliseer. Detail oor die vragmotorbestuurder is nog nie bekend nie.

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi asook die LUR vir Onderwys in Gauteng, Matome Chiloane het vanoggend die tragiese toneel besoek en was diep geraak deur die tragedie. ‘n Hulle het ‘n beroep gedoen op groter waaksaamheid waar dit kom by vervoer van leerders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button